musiek-agtergrond-3

Zybrandt
En Zybrandt het losgetrek. Of jy hom ken as Zybrandt, Lourens, Trucker of buddy, jou hartsnare span nooit weer dieselfde na een van sy shows nie.
Gewone jeans, gewone T-shirt, sy ou faithful kitaar, maar niks aan hierdie ou is gewoon nie. Ongewone mooi venue, ongewone engelse musiekpelle, ongewone crew en dieplekker musiek. Gooi alles bymekaar en jy raak van binne af warm in die middel van ‘n yskoue aand.
Zybrandt se liedjies vertel elkeen ‘n storie en praat met elke Afrikaner in sy eie taal. Stories uit ons almal se lewens uit, maar hy kry dit reg om dit lewendig en ‘real’ te maak. Hy sleur jou mee en maak jou verslaaf. Ons ken almal ‘n Renoster in ‘n SPAR, ons het almal ‘n ‘ons twee’, ons het al almal ‘n engel aan die groot K verloor. Ons ken almal hierdie man.
Zybrandt is real. Sy musiek is real. Sy pelle en musiek crew is real. Sy hart klop vir die musiek wat hy skryf en sing. Wat ‘n ongelooflike voorreg was dit nie om deel te kon wees van een van sy shows nie!
Duisende Dankies Z.

– Cara Conradie