SNEEU EN SATYN Vrystelling 2021
Al sing ek nie nog ‘n liedjie vir die res van my lewe nie sal ek die jaar nooit vergeet nie. Wat ‘n avontuur! Ek kan nie in woorde omskryf hoe dankbaar ek is vir almal wat saam met my die rit aangepak het nie.
En nou kan ons uiteindelik die EP vrystel.
Hierdie is natuurlik net die begin. En ek kan klaar nie wag om die volgende klomp liedjies en avonture met julle te deel nie!
Sneeu en Satyn. 5 November 2021! Stream hom orals. En deel met almal!!!
Julie 2021 Kamoefleer Skattejag Kompetisie
Die onlangse Kamoefleer kompetisie was omtrent ‘n sukses!
Dankie vir almal wat ingeskryf het. Op die ou einde kon daar net een groot wenner wees en dit was Esmerelda Claims wat weggestap het met die R5000 kontant prys.
16 April 2021 met vol band by Jamrock Teater
Dankie vir almal wat die aand bygewoon het. Ek kon nie vir ‘n beter aand gevra het nie.
Kos was heerlik, drank het gevloei en mens sou nie sê dit was die eerste keer dat die band saam met my gespeel het nie. Hulle was wonderlik. Dankie aan Dillon, Michael, Justen en Stanley wat nuwe lewe aan my liedjies op die verhoog gegee het. Hoop om binnekort weer ‘n show of twee saam met julle te doen.
En dankie aan almal by Jamrock Theatre in Brackenfell vir die aand.
Ook ‘n groot dankie aan Driekie en Sarel wat die merch hanteer het.
Zybrandt – Die Boer 21 November 2020
Daar was groot opgewondenheid in die Zybrandt kamp toe ons hoor dat ons ‘n datum in April 2020 by Die Boer in Durbanville gekry het. Dit was ‘n ambisuese mikpunt om ‘n jaar voor dit te sê dat ons ‘n vertoning by Die Boer wil speel ‘n jaar later. En toe verkoop dit uit binne 2 dae!
Ons was reg vir die jaar. Met vertonings en verblyf geboek vir die KKNK en ‘n hele boek vol idees kon niks ons stop nie. Behalwe natuurlik ‘n dodelike virus wat die hele wêreld tot stilstand gebring het.
Ons was in ‘n baie beter posisie as baie ander so ‘n paar vertonings wat uitgestel was en ons planne wat moes aangepas word is regtig nie iets om oor te kla nie.
Die vertoning by Die Boer was ‘n paar keer aangeskuif en toe ons dit uiteindelik in November kon speel moes ek dit in twee sessies doen as gevolg van limitasies op die hoeveelheid mense wat op ‘n slag in Die Boer kon wees.
Steeds was die vertoning ‘n grooter sukses as wat ek ooit sou kon droom.
En dit is te danke aan elke liewe een wat daar was om die dag en aand saam met ons te geniet. Ek kan nie in woorde omsit hoe baie dit vir my beteken het nie.
Ongelukkig was Margit op daardie stadium siek so sy, Jurg en die res van haar gesin moes in kwarintein verkeer gedurende daardie tyd. Maar die res van die mense by Die Boer was wonderlik en het seker gemaak dat ons alles het wat ons nodig het.
Dankie ook aan Igor Crous wat lang ure saam met my geoefen het om die liedjies te laat goed klink vir die aand.
En die res van my span wat alles moontlik gemaak het, Jeremy Farber, Kelsey-Sarah Nunn, Heinrich Laubcher en ook Werner Bosman vir die aand se klank en ligte.
Die afkom na so dwelm slaan ‘n mens nogals hard maar ek is seker ons sal binnekort weer kan begin vertonings beplan.
Hoop regtig om julle almal by die volgende een te sien.
Zybrandt
Zybrandt – Launch
En Zybrandt het losgetrek. Of jy hom ken as Zybrandt, Lourens, Trucker of buddy, jou hartsnare span nooit weer dieselfde na een van sy shows nie.
Gewone jeans, gewone T-shirt, sy ou faithful kitaar, maar niks aan hierdie ou is gewoon nie. Ongewone mooi venue, ongewone engelse musiekpelle, ongewone crew en dieplekker musiek. Gooi alles bymekaar en jy raak van binne af warm in die middel van ‘n yskoue aand.
Zybrandt se liedjies vertel elkeen ‘n storie en praat met elke Afrikaner in sy eie taal. Stories uit ons almal se lewens uit, maar hy kry dit reg om dit lewendig en ‘real’ te maak. Hy sleur jou mee en maak jou verslaaf. Ons ken almal ‘n Renoster in ‘n SPAR, ons het almal ‘n ‘ons twee’, ons het al almal ‘n engel aan die groot K verloor. Ons ken almal hierdie man.
Zybrandt is real. Sy musiek is real. Sy pelle en musiek crew is real. Sy hart klop vir die musiek wat hy skryf en sing. Wat ‘n ongelooflike voorreg was dit nie om deel te kon wees van een van sy shows nie!
Duisende Dankies Z
– Cara Conradie