musiek-agtergrond-3

Musiek Videos

Die nuwe musiek video vir my en Margot se liedjie, Sing Alleen.
In 2021 toe my liedjie Anders net uitgekom het het Margot vir my ‘n boodskap gestuur. Sy het my musiek gehoor by Louise Crouse. Ek het toe besluit om ‘n duet vir ons te skryf en Sing Alleen was gebore.
Vir die video het ons ‘n honderd idees gehad. Maar op die ou einde het ek gevoel dat geen van die idees die liedjie justice doen nie en dat iets meer eerliks van pas sal wees.

Musiek Videos

Hier is my musiek video vir my enkelsnit Vlerke Neer.
Vir die video het ons ook eers na ‘n paar grooter idees gekyk. Ongelukkig moes ons ‘n vrystelling datum neersit en met al die dinge wat moet gebeur voor jy ‘n video kan doen en ‘n liedjie kan vrystel het ons ‘n bietjie uit tyd uit gehardloop.
Ek het toe familie en vriende wat soos familie vir my is genader om my uit te help met die een. En WOW. Ek voel hulle was elkeen amazing!
In ‘n berig in Die Burger en Beeld het hulle in ‘n subopskrif genoem dat ek die liedjie oor Covid-verliese gesing het. Dis natuurlik glad nie die geval nie. Ek het die liedjie ‘n hele paar jaar gelede geskryf toe ons ‘n baie goeie vriendin aan kanker verloor het. Maar ek dra dit op aan almal wat baklei teen iets. Nie vir hulself nie, maar almal om hulle.